Cord Akademie

Saam is ons sterker

Oor Ons

Ons etos

  • Gemeenskap wat saamstaan
  • Christelike waardestelsel
  • Respek, eerlikheid en goeie maniere
  • Harde werk, netheid en stiptelikheid

Ons Visie

Om elke kind se volle potensiaal te kultiveer op akademiese sowel as op geestelike vlak. Ons anker is Jesus en ons strewe om Hom eerste bo alles te sit en om ons hoop en krag van Hom te ontvang in alles wat ons doen en aanpak.

Cord Akademie (CA) se naam kom vanaf die skrif: Ecc 4:12 

“Though one may be overpowered, two can defend themselves. A cord of three strands is not quickly broken.”

By CA glo ek dat Saam is ons Sterker: “it takes a village to raise a child, a healthy balanced child.” 

As ons saamstaan kan ons hierdie gesonde “village” vir ons kinders, ouers en personeel skep.

Cord Akademie se naam Simboliseer – God, die onderwysers en die leerders. 

Ons glo deur om saam te staan, kweek ons ‘n wenresep vir geestelike en gesonde jong tieners, wat heel en vol self vertroue die wêreld kan instap. So sal hulle weet waar vandaan hulle krag en hoop kom, en dat hulle fondasie sterk gesement sal wees in ons Vader.

Ons Missie

Ons strewe om vir elke leerder die individuele aandag en kwaliteit onderrig wat hulle verdien te bied. 

Cord akademie is ‘n hoërskool waar leerders opgebou word, vriendskappe geskep word en waar kennis gegroei kan word. 

Ons missie is om n gelukkige en angsvrye omgewing te bied. Ons glo sterk daarin om eerder ‘n aanpasbare leeromgewing vir leerders te skep waar ons leerders kan aanpas volgens hulle unieke leerstyl, eerder as om ‘n kind te probeer verander of “fix”.